Colossians 2:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En om die Hoof nie vas te hou nie, waaruit die hele liggaam deur gewrigte en bande met voeding bedien en saamgebind is, vermeerder met die vermeerdering van God.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle is nie aan die hoof ver­bind uit wie die hele liggaam groei nie. Vanuit die hoof groei die hele liggaam, on­der­steun en saamgebind deur gewrigte en spiere. Gód laat dit groei!
Afrikaans 1933/1953
en nie vashou aan die Hoof nie, uit wie die hele liggaam deur die gewrigte en verbindinge ondersteuning ontvang en saamgebind word en so met goddelike groei groot word.
Afrikaans 1983
en hy hou nie aan die hoof, aan Christus, vas nie. Uit Christus groei die hele liggaam, ondersteun deur die gewrigte en saamgebind deur die spiere, soos God dit laat groei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en hou nie vas aan die Hoof nie, uit wie die hele liggaam ontwikkel, ondersteun en saamgebind word deur gewrigte en spiere, met groeikrag wat van God kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle hou nie vas aan Christus nie. Hy is die Hoof van die kerk, en die kerk is sy liggaam. Hy hou die kerk styf vas, soos die spiere 'n mens se liggaam sterk maak en die dele van die liggaam vasbind aan mekaar. Hy maak die kerk groter en sterker. So laat God die kerk groei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle weet nie wat die regte godsdiens is nie, want hulle ken nie die Een om wie alle godsdiens draai nie. ’n Liggaam kan nie sonder ’n kop nie; net so kan ware gelowiges nie sonder Christus nie. Christus is die kop van die liggaam, die kerk. Hy gee alles aan die kerk wat dit nodig het om te groei. God self sien ook om na hierdie liggaam om seker te maak dat dit groei soos dit moet.