Colossians 2:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As julle dan saam met Christus gesterf het uit die beginsels van die wêreld, waarom is julle, asof julle in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge,
Afrikaans (NLV) 2011
Aangesien julle, deur saam met Chris­tus te sterf, die bose wêreldse mag­te af­ge­sterf het, waarom leef julle nog vol­gens wê­reldse voorskrifte soos:
Afrikaans 1933/1953
As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge
Afrikaans 1983
Julle het saam met Christus gesterwe en is dus dood vir die wettiese godsdienstige reëls van hierdie wêreld. Waarom lewe julle dan nog asof julle aan hierdie wêreld behoort? Waarom gehoorsaam julle allerhande voorskrifte
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As julle saam met •Christus die kosmiese elemente afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog as deel van die wêreld leef, steeds gebonde aan voorskrifte soos:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Christus het gesterf. Julle het saam met Hom gesterf, en toe het julle sondige lewe opgehou. Hoekom doen julle dan nog wat die geeste wil hê, die geeste wat dink dat hulle sterk is en oor die wêreld kan regeer? Die mense van die wêreld moet reëls hê, maar julle het nie daardie reëls nodig nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek wil julle ’n vraag vra. Julle sê dat toe julle Christene geword het, al hierdie vals en leë godsdienstige reëls hulle betekenis vir julle verloor het. Soos dit vir Christus niks beteken nie, so beteken dit ook vir julle niks meer nie. Waarom wil julle dan kort-kort maar weer kerk hou asof daardie godsdienstige gebruike die eintlike godsdiens is?