Colossians 2:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat almal sal vergaan met die gebruik;) volgens die gebooie en leringe van mense?
Afrikaans (NLV) 2011
Dit is alles dinge wat ver­bruik word en vergaan — soos dit gaan met mens­ge­maak­te voorskrifte en leringe.
Afrikaans 1933/1953
almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan -- volgens die gebooie en leringe van mense,
Afrikaans 1983
Dit gaan alles oor dinge wat bedoel is om gebruik te word en te vergaan, en dit is maar net gebooie en leerstellings van mense.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit is alles dinge wat deur gebruik tot niet gaan, en gebaseer is op mensgemaakte voorskrifte en leringe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit is reëls oor dinge soos kos, en kos is later op. Dit wys dit is mense se reëls, dit is soos mense wil hê julle moet doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit lyk amper of julle dink God self is in hierdie aardse dinge vasgevang. Intussen het bloot gewone mense al die reëls en idees uitgedink en dit “godsdiens” genoem. Daardie kos wat kamma so heilig of onheilig is dat julle dit nie eens mag eet nie, lê môre vrot op die ashoop.