Colossians 2:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Watter dinge het wel 'n blyk van wysheid in wilsaanbidding en nederigheid en verwaarlosing van die liggaam; nie in enige eer tot versadiging van die vlees nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Met hul­le self­uitgedinkte godsdienstige toe­wy­ding, self­vernedering en streng liggaam­like dis­si­pline het hierdie voorskrifte nogal die re­putasie dat hulle wysheid bevat. Inderwaar­heid is hulle nutteloos vir die beheer van die sondige geaardheid.
Afrikaans 1933/1953
wat, alhoewel dit 'n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees.
Afrikaans 1983
Hierdie leerstellings het wel 'n skyn van wysheid met hulle selfgemaakte godsdiens, danige nederigheid en streng beheersing van die liggaam, maar dit het geen waarde vir die beteueling van die sondige drifte nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hoewel hierdie voorskrifte met hulle selfopgelegde godsdienspligte, geveinsde nederigheid en liggaamlike kastyding, die skyn van wysheid het, is dit heeltemal nutteloos, maar dien tot bevrediging van die sondige aard.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daardie reëls lyk miskien vir mense reg en slim. Dit lyk of die reëls vir mense help om God te dien en om nie hoogmoedig te wees nie, en om die regte dinge te doen met hulle liggame. Maar dit is nie waar nie. Die reëls help nie regtig vir die mense nie. Die reëls help nie mense om op te hou om die slegte dinge te doen wat hulle graag doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Mens moet toegee, al hierdie godsdienstige dinge lyk op die oog af baie slim en indrukwekkend, al het mense dit uitgedink. Kyk net hoe nederig hou hulle hulle en hoe swaar kry hulle ter wille van dit waarin hulle glo. Tog maak dit nie van hulle beter mense nie. Hulle bly nog maar sondaars.