Colossians 2:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dit sê ek, dat niemand julle met verleidelike woorde mag bedrieg nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek skryf dit vir julle sodat niemand julle met mooipraatjies om die bos kan lei nie.
Afrikaans 1933/1953
Dit sê ek, sodat niemand julle mag verlei met drogredes nie.
Afrikaans 1983
Ek beklemtoon dit, sodat niemand julle met vals redenasies mislei nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit sê ek, sodat niemand julle met slinkse argumente om die bos sal lei nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sê dit alles vir julle, want ek wil nie hê mense moet julle bedrieg nie. Hulle vertel vir julle dinge wat reg lyk, maar wat verkeerd is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek beklemtoon dit sodat niemand julle op ’n verkeerde spoor kan lei met redenasies wat slim mag klink, maar eintlik van leuens deurtrek is nie.