Colossians 3:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar hy wat onreg doen, sal ontvang vir die onreg wat hy gedoen het, en daar is geen aansien na die persoon nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Wie onreg doen, kry hulle onreg terug. God trek nie­mand voor nie.
Afrikaans 1933/1953
Maar wie onreg doen, sal die onreg wat hy gedoen het, terug ontvang; en daar is geen aanneming van die persoon nie.
Afrikaans 1983
Wie onreg doen, sal gestraf word oor die onreg wat hy gedoen het; die Here trek niemand voor nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Elkeen wat verkeerd doen, sal immers vir sy verkeerde dade vergeld word; niemand word volgens die uiterlike beoordeel nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer mense verkeerd doen, dan sal die Here vir hulle gee wat hulle moet kry, Hy sal hulle straf. Hy doen reg aan almal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As iemand dus nie doen wat God wil hê nie, sal hy maar die straf daarvoor moet dra.