Daniel 1:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die owerste van die hofdienaars vir Daniël: Ek is bang vir my heer die koning wat jou spys en jou drank bepaal het; dan moet julle my my hoof vir die koning in gevaar stel.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het egter vir Daniël gesê: “Ek is bang vir die koning. Hy het bepaal dat julle hierdie kos en drank moet gebruik. As hy sien dat julle nie so goed lyk soos die ander van julle ouderdom nie, gaan julle my kop laat rol by die koning.”
Afrikaans 1933/1953
En die owerste van die hofdienaars het aan Daniël gesê: Ek vrees my heer die koning, wat julle voedsel en julle drank vasgestel het; want waarom moet hy sien dat julle aangesigte meer vervalle is as die van die jong seuns wat van julle leeftyd is, sodat julle my hoof by die koning met skuld sou belaai?
Afrikaans 1983
Maar hy het vir Daniël gesê: “Ek is bang vir die koning. Hy het bepaal wat julle moet eet en drink en as hy sien julle voorkoms is nie so goed soos dié van die ander jongmanne van julle ouderdom nie, is ek oor julle in die moeilikheid by hom.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die toesighouer oor die paleisamptenare het egter vir Daniël gesê: “Ek is bang vir my heer die koning, wat vir julle kos en drank voorgeskryf het. Waarom moet hy sien dat julle gesigte maerder is as dié van die ander jong seuns van julle ouderdom? Julle sal maak dat die koning my kop eis.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar Aspenas het vir Daniël gesê: “Ek is bang vir die koning. Ek werk vir hom, en hy het gesê wat julle moet eet en drink. As hy sien julle lyk slegter as die ander seuns wat so oud soos julle is, dan sal hy my doodmaak, en dan sal dit julle skuld wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
maar hy het vir Daniël gesê: “Ek is bang vir die koning. Hy het besluit wat julle moet eet en drink. As jy nie so goed soos die ander jongmense lyk nie, is ek in groot moeilikheid. Hy mag selfs besluit om my dood te maak.”