Daniel 1:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Daniël vir Melzar, wat die owerste van die hofdienaars oor Daniël, Hanánja, Misael en Asarja aangestel het:
Afrikaans (NLV) 2011
Daniël het toe vir die persoon onder wie se sorg die hoofamptenaar Daniël, Gananja, Misael en Asarja geplaas het, gesê:
Afrikaans 1933/1953
Maar Daniël het aan die bediende gesê wat die owerste van die hofdienaars oor Daniël, Han nja, M¡sael en As rja aangestel het:
Afrikaans 1983
Toe sê Daniël vir die amptenaar wat deur die hoofpaleisbeampte aangestel is om toesig te hou oor Daniël, Gananja, Misael en Asarja:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daniël sê toe vir die oppasser wat die toesighouer oor die paleisamptenare oor hom, Daniël, en oor Gananja, Misael en Asarja aangestel het:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Aspenas het vir 'n ander amptenaar gesê hy moet vir Daniël, Gananja, Misael en Asarja sorg. Daniël het toe met daardie amptenaar gaan praat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daniël het toe vir die amptenaar wat deur Aspenas aangestel is om na hom en sy drie vriende om te sien, gesê: