Daniel 1:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Beproef u dienaars tog tien dae; en laat hulle ons polsslag gee om te eet en water om te drink.
Afrikaans (NLV) 2011
“Toets tog u dienaars vir tien dae lank. Gee vir ons net groente om te eet en water om te drink.
Afrikaans 1933/1953
Stel tog u dienaars tien dae lank op die proef, en laat hulle ons van die groente gee om te eet en water om te drink;
Afrikaans 1983
“Maak asseblief tien dae lank 'n proefneming met ons en laat hulle vir ons net groente gee om te eet en water om te drink.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Toets asseblief u dienaars tien dae lank. Hulle moet ons van die groente gee, sodat ons dit eet, en water, sodat ons dit drink.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het gesê: “Toets asseblief ons plan tien dae lank. Gee vir ons groente om te eet en water om te drink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Gee ons tien dae kans om onsself te bewys. Laat ons toe om net water te drink en groente te eet.