Daniel 1:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Laat dan ons aangesig voor jou aangesig word en die aangesig van die kinders wat van die deel van die koning se spys eet, en handel met jou dienaars soos jy sien.
Afrikaans (NLV) 2011
Kyk dan ná tien dae hoe ons voorkoms vergelyk met die jong manne wat wel die koning se kos eet. U kan dan besluit om met u dienaars te maak soos u goeddink.”
Afrikaans 1933/1953
laat daarna ons voorkoms en die voorkoms van die jong seuns wat die spys van die koning eet, deur u besigtig word; handel dan met u dienaars soos u bevinding sal wees.
Afrikaans 1983
Vergelyk dan ons voorkoms met dié van die jongmanne wat van die koning se kos eet, en handel dan met ons na bevind van sake.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Laat dan in u teenwoordigheid ons voorkoms en die voorkoms van die ander jong seuns wat die koning se kos eet, nagegaan word. Handel dan met u dienaars volgens wat u sien.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dan kyk jy hoe lyk ons en hoe lyk die seuns wat die koning se kos geëet het. Dan kan jy besluit wat jy met ons wil doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Vergelyk ons dan met die ander jongmense wat die kos eet wat die koning voorgeskryf het. Besluit dan op grond van wat u sien of ons daarna met ons eie dieet kan aanhou of nie.”