Daniel 1:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En aan die einde van tien dae het hulle aangesig mooier en vetter van vlees gelyk as al die kinders wat die deel van die koning se vleis geëet het.
Afrikaans (NLV) 2011
Aan die einde van die tien dae het Daniël-hulle beter en gesonder gelyk as die jong manne wat die koning se kos geëet het.
Afrikaans 1933/1953
En aan die einde van tien dae het hulle voorkoms beter en hulle voller van vlees gelyk as al die jong seuns wat die spys van die koning geëet het.
Afrikaans 1983
Ná tien dae het hulle mooier en gesonder daar uitgesien as die jongmanne wat van die koning se kos geëet het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Aan die einde van die tien dae was hulle voorkoms beter en het hulle liggame voller vertoon as al die jong seuns wat die koning se kos bly eet het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe die tien dae verby was, het hulle beter en vetter gelyk as al die seuns wat die koning se kos geëet het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Aan die einde van die tien dae het Daniël en sy vriende baie gesonder en sterker gelyk as al die ander jongmense wat die koning se kos geëet het.