Daniel 1:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So het Melzar die deel van hulle vleis en die wyn wat hulle moes drink, weggeneem; en hulle polsslag gegee.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarom het die amptenaar hulle vrygestel van die koning se kos en drank. Hy het vir hulle groente gegee om te eet.
Afrikaans 1933/1953
So het dan die bediende hulle spys en die wyn wat hulle moes drink, weggeneem en aan hulle groente gegee.
Afrikaans 1983
Toe het die amptenaar die koning se kos en wyn vir goed van hulle af weggehou en vir hulle net groente gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die oppasser het toe hulle kos en die wyn wat hulle moes drink, weggeneem en vir hulle groente bly gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe het die amptenaar nie weer vir hulle van die koning se kos en wyn gegee nie. Hy het vir hulle net groente gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Van toe af het die amptenaar hulle toegelaat om groente te eet in plaas van die ryk kosse en wyn wat die koning voorgeskryf het.