Daniel 1:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat hierdie vier kinders betref, God het aan hulle kennis en vaardigheid gegee in alle geleerdheid en wysheid; en Daniël het verstand gehad in alle gesigte en drome.
Afrikaans (NLV) 2011
God het vir hierdie vier jong manne kennis gegee, insig in dinge wat neergeskryf is en ook wysheid. Vir Daniël het hy die vermoë gegee om gesigte en drome te verstaan.
Afrikaans 1933/1953
En hierdie vier jong seuns -- God het aan hulle wetenskap en verstand in allerhande geskrifte en wysheid gegee; ook het Daniël verstand gehad van allerhande gesigte en drome.
Afrikaans 1983
God het aan hierdie vier jongmanne verstand gegee en insig in alles wat geskryf is, en ook wysheid. Daniël kon enige gesig of droom uitlê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En hierdie jong seuns, hulle vier – aan hulle het God oordeelsvermoë gegee, en ook insig in allerlei geskrifte en wysheid. Daniël kon alle visioene en drome begryp.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het daardie vier seuns baie slim gemaak. Hulle het van alles geweet, en Daniël kon ook sê wat dit beteken wanneer iemand droom en iets sien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Deur God se goedheid was hierdie vier jongmans besonder slim. Hulle het goeie kennis van die belangrike boeke van daardie tyd gehad en baie wysheid. Boonop het Daniël die gawe gehad om visioene en drome uit te lê.