Daniel 1:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En aan die einde van die dae wat die koning gesê het dat hy hulle moes inbring, het die owerste van die hofdienaars hulle voor Nebukadnésar ingebring.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe die tyd om was wat die koning bepaal het, het die hoof van die amptenare al die jong manne voor Nebukadnesar gebring.
Afrikaans 1933/1953
En aan die einde van die dae wat die koning vasgestel het om hulle in te bring, het die owerste van die hofdienaars hulle voor Nebukadn,sar gebring.
Afrikaans 1983
Op die tyd wat koning Nebukadnesar bepaal het dat die jongmanne voor hom gebring word, het die hoofpaleisbeampte dit gedoen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Aan die einde van die tydperk wat die koning bepaal het dat hulle ingebring moes word, het die toesighouer oor die paleisamptenare hulle voor Nebukadnesar gebring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning het gesê hulle moet die seuns ná drie jaar bring. Toe die drie jaar verby was, het Aspenas die seuns na koning Nebukadnesar toe gebring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Aan die einde van die driejaarperiode wat die koning vasgestel het, het Aspenas al die jongmense na koning Nebukadnesar toe gevat vir ’n onderhoud.