Daniel 1:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die koning het met hulle gespreek; en onder hulle almal is niemand gevind soos Daniël, Hanánja, Misael en Asárja nie; daarom het hulle voor die koning gestaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Die koning het ’n onderhoud met elkeen van hulle gevoer. Hy het niemand onder hulle gekry wat die gelyke van Daniël, Gananja, Misael en Asarja was nie. Hulle is toe in die diens van die koning aangestel.
Afrikaans 1933/1953
En die koning het met hulle gespreek, en onder hulle almal is daar niemand gevind soos Daniël, Han nja, M¡sael en As rja nie. So het hulle dan voor die koning gedien.
Afrikaans 1983
Die koning het met hulle gepraat en hy het onder almal niemand gevind soos Daniël, Gananja, Misael en Asarja nie. Toe het hulle in diens van die koning getree.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die koning het met hulle gepraat, en onder hulle almal is daar niemand gevind soos Daniël, Gananja, Misael en Asarja nie. Hulle het by die koning in diens getree.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning het met hulle gepraat en hy het nie ander seuns gekry wat so slim was soos Daniël, Gananja, Misael en Asarja nie. Hulle het begin werk vir die koning.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het met hulle almal gepraat, maar nie een van die ander het hom so beïndruk soos Daniël, Gananja, Misael en Asarja nie. Daarom het hy hulle as raadgewers in sy paleis aangestel.