Daniel 1:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die HERE het Jójakim, die koning van Juda, in sy hand gegee, saam met 'n deel van die voorwerpe van die huis van God, wat hy na die land Sinear na die huis van sy god gebring het; en hy het die voorwerpe in die skatkamer van sy god gebring.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here het Jojakim die koning van Juda, in sy mag gegee. Toe hy terugkeer na Babel het hy van die voorwerpe wat hy uit God se tempel geplunder het saam met hom gevat en dit in die voorraadkamers van sy god se tempel gaan sit.
Afrikaans 1933/1953
En die Here het Jojakim, die koning van Juda, in sy hand gegee, met 'n gedeelte van die voorwerpe van die huis van God, en hy het hulle na die land S¡near gebring in die huis van sy god, en die voorwerpe het hy in die skathuis van sy god gebring.
Afrikaans 1983
Die Here het vir koning Jojakim oorgegee in Nebukadnesar se mag, en ook 'n gedeelte van die tempelgereedskap, en hy het dit na Sinar, na die tempel van sy god toe gevat, en daar het hy dit in die voorraadkamer van die tempel van sy god gebêre.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Heer het Jojakim, die koning van Juda, en ook 'n deel van die voorwerpe in die huis van God in sy hand oorgegee. Hy het dit na die land Sinar, na die tempel van sy gode geneem – die voorwerpe het hy na die skatkamer van sy gode geneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het vir Nebukadnesar gehelp. Nebukadnesar het koning Jojakim van Juda oorwin en hy het party van die goed gevat wat in die tempel was. Nebukadnesar het vir Jojakim en die goed na die land Babel gevat, na die tempel van sy god. Hy het alles wat hy gevat het, gebêre in die stoorkamer by die tempel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het Jerusalem ingeneem en die Here het hom toegelaat om Jojakim gevange te neem. Hy het ook van die voorwerpe wat die Israeliete in die tempel gebruik het, saamgevat Babel toe. Daar het hy dit in die tempel van sy eie afgode gebêre.