Daniel 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die koning het met Aspenas, die heer van sy eunugs, gespreek dat hy sommige van die kinders van Israel en uit die nageslag van die koning en van die vorste moes bring;
Afrikaans (NLV) 2011
Die koning het vir Aspenas, wat aan die hoof was van die paleisamptenare, opdrag gegee. Hy moes jong manne uit die koninklike families en vooraanstaandes van die Israeliete wat gevange geneem is na hom toe bring.
Afrikaans 1933/1953
Daarop het die koning aan Aspenas, die owerste van sy hofdienaars, bevel gegee om uit die kinders van Israel, uit die koninklike geslag sowel as uit die edeles, te bring:
Afrikaans 1983
Die koning het vir Aspenas, sy hoofpaleisbeampte, beveel om uit die Israeliete jongmanne na die paleis toe te bring, uit die koninklike geslag en uit die geslag van vername mense.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die koning het Aspenas, die rabsaries, toe aangesê om uit die Israeliete, uit die koninklike familie en die vernames,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
[3-4] Aspenas was die hoof van die mense wat in koning Nebukadnesar se huis gewerk het. Die koning het vir Aspenas gesê hy moet 'n paar van die Israeliete se seuns bring om vir hom te werk. Die seuns moet familie wees van die koning van Israel, of hulle moet die seuns van belangrike mense wees. Die seuns moet heeltemal gesond en mooi en slim wees. Hulle moet van alles weet en hulle moet sterk wees, sodat hulle in die koning se huis kan werk. Hulle moet eers leer om die taal van die mense van Babel te praat en te skryf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die koning het vir Aspenas, die hoofbeampte van die paleis, opdrag gegee om van die jongmense uit die koninklike familie en ook uit die ander belangrike families van Juda te kies en hulle paleis toe te bring.