Daniel 1:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Aan wie die owerste van die eunugs name gegee het, want hy het aan Daniël die naam Béltsasar gegee; en vir Hanánja, van Sadrag; en vir Misael, van Mesag; en vir Asarja, van Abednego.
Afrikaans (NLV) 2011
Die hoofamptenaar het vir hulle nuwe name gegee. Daniël het Beltsasar geword, Gananja Sadrag, Misael Mesag en Asarja Abednego.
Afrikaans 1933/1953
Maar die owerste van die hofdienaars het hulle ander name gegee: Daniël het hy B,ltsasar genoem, en Han nja Sadrag, en M¡sael Mesag, en As rja Abedn,go.
Afrikaans 1983
maar die hoofpaleisbeampte het vir hulle ander name gegee: Daniël is Beltsasar genoem, Gananja Sadrag, Misael Mesag en Asarja Abednego.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar die toesighouer oor die paleisamptenare, het hulle name vervang: Daniël het hy Beltsasar, Gananja het hy Sadrag, Misael het hy Mesag, en Asarja het hy Abednego genoem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Aspenas het vir hulle ander name gegee. Hy het vir Daniël genoem Beltsassar, vir Gananja het hy Sadrag genoem, vir Misael het hy Mesag genoem, en vir Asarja het hy Abed-Nego genoem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die hoofbeampte van die paleis het egter vir hulle elkeen ’n ander naam gegee. Vir Daniël het hy Beltsasar genoem, vir Gananja Sadrag, vir Misael Mesag en vir Asarja Abednego.