Daniel 2:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En in die tweede jaar van die regering van Nebukadnésar het Nebukadnésar drome gedroom, waardeur sy gees ontsteld en sy slaap van hom afgebreek het.
Afrikaans (NLV) 2011
In die tweede jaar wat Nebukadnesar as koning regeer het, het hy een nag ’n droom gehad. Dit het hom so ontstel dat hy nie verder kon slaap nie.
Afrikaans 1933/1953
En in die tweede jaar van die regering van Nebukadn,sar, het Nebukadn,sar 'n droom gehad, sodat sy gees onrustig geword het en dit met sy slaap gedaan was.
Afrikaans 1983
In die tweede regeringsjaar van koning Nebukadnesar het hy 'n droom gehad wat hom so ontstel het dat hy nie kon slaap nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
In die tweede jaar van Nebukadnesar se regering het Nebukadnesar drome gedroom. Sy gees was ontsteld, en sy slaap was daarmee heen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Koning Nebukadnesar het gedroom. Dit was in die tweede jaar nadat hy koning geword het. Hy het bekommerd geword. Hy kon nie weer slaap nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In sy tweede regeringsjaar het koning Nebukadnesar ’n droom gehad wat hom so omgekrap het dat hy nie kon slaap nie.