Daniel 2:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die Chaldeërs het voor die koning geantwoord en gesê: Daar is geen man op die aarde wat die saak van die koning kan vertel nie;
Afrikaans (NLV) 2011
Die sterrekykers het toe reguit vir die koning gesê: “Daar is nie ’n mens op aarde wat kan doen wat die koning vra nie. Geen koning, hoe sterk en magtig ook al, het al ooit so iets van enige towenaar, besweerder of sterrekyker vereis nie.
Afrikaans 1933/1953
Die Chaldeërs het voor die koning geantwoord en gesê: Daar is geen mens op die aardbodem wat die koning se saak sou kan te kenne gee nie; daarom het dan ook geen koning, groot of magtig, ooit so iets van enige geleerde of besweerder of Chaldeër verlang nie.
Afrikaans 1983
Die sterrekykers het die koning geantwoord: “Daar is geen mens op aarde wat aan u eis kan voldoen nie. Geen koning, hoe groot of magtig hy ook mag wees, het dan ook al so iets van enige towenaar, voorspeller of sterrekyker verwag nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Galdeërs het in die teenwoordigheid van die koning geantwoord en gesê: “Daar is nie 'n mens op aarde wat in staat is om aan die koning se versoek te voldoen nie. Daarom het nog geen koning, hoe groot en magtig ook al, so iets van enige waarsêerpriester of towenaar of Galdeër gevra nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die slim mense het vir die koning gesê: “Niemand op die aarde kan doen wat die koning wil hê nie. Daar is nie een ander belangrike koning wat so iets vir 'n slim mens gevra het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe sê die sterrevoorspellers vir die koning: “Daar is nie ’n mens op hierdie aarde wat kan doen wat u van ons verwag nie. Geen koning, hoe groot of magtig hy ook al was, het nog ooit so iets van sy towenaars, toekomsvoorspellers of sterrevoorspellers verwag nie.