Daniel 2:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dit is 'n seldsame ding wat die koning eis, en daar is niemand anders wat dit voor die koning kan toon nie, behalwe die gode wie se woning nie by vlees is nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Wat die koning eis, is onmoontlik. Daar bestaan niemand behalwe die gode wat kan sê wat die koning gedroom het nie. En die gode woon nie tussen mense nie.”
Afrikaans 1933/1953
Ja, die saak wat die koning verlang, is swaar, en daar is niemand anders wat dit voor die koning sou kan te kenne gee nie, behalwe die gode wie se woning nie by die vlees is nie.
Afrikaans 1983
Wat u vra, is te moeilik, daar is niemand wat dit vir u kan doen nie, behalwe die gode, en hulle woon nie onder die mense nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die saak wat die koning verlang, is moeilik, en daar is niemand wat dit vir die koning kan uitlê nie, behalwe die gode, wie se woning nie by sterflinge is nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning wil hê ons moet iets doen wat ons nie kan doen nie. Niemand anders kan dit doen nie. Net die gode kan dit doen, en hulle woon nie hier by die mense nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit is onmoontlik vir ’n mens om te doen wat u vra. Net die gode sou so iets kon doen, maar ongelukkig bly hulle nie hier op aarde tussen die mense nie.”