Daniel 2:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom was die koning kwaad en baie woedend, en hy het bevel gegee om al die wyse manne van Babel te vernietig.
Afrikaans (NLV) 2011
Die koning het toe so kwaad geword dat hy opdrag gegee het dat al sy raadgewers in Babel tereggestel moet word.
Afrikaans 1933/1953
Hieroor het die koning toornig en baie kwaad geword en bevel gegee om al die wyse manne van Babel om te bring.
Afrikaans 1983
Toe het die koning woedend geword en opdrag gegee om al die koninklike raadgewers van Babel om die lewe te bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hieroor het die koning hom vererg, en hy was baie kwaad. Hy gee toe bevel dat al die wyses van Babilonië om die lewe gebring moet word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning word toe baie kwaad, en hy sê sy soldate moet al die wyse mense in Babel doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die koning was buite homself van woede oor hierdie antwoord. Daarom het hy beveel dat al die koninklike raadgewers in Babel doodgemaak moes word.