Daniel 2:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die bevel het uitgegaan dat die wyse manne gedood moes word; en hulle het Daniël en sy maats gesoek om gedood te word.
Afrikaans (NLV) 2011
’n Wet is toe uitgevaardig dat hulle almal doodgemaak moet word. Daniël en sy vriende is ook gesoek om tereggestel te word.
Afrikaans 1933/1953
Toe die bevel uitgevaardig is en die wyse manne gedood sou word, het hulle ook Daniël en sy metgeselle gesoek om gedood te word.
Afrikaans 1983
Daar is toe 'n proklamasie uitgevaardig dat die koninklike raadgewers doodgemaak moet word. Ook Daniël en sy vriende is gesoek om doodgemaak te word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die bevel is uitgevaardig: “Die wyses moet doodgemaak word!” Hulle soek toe ook Daniël en sy metgeselle om hulle dood te maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe die koning sê hulle moet die wyse mense doodmaak, het die soldate vir Daniël en sy vriende ook gesoek om hulle dood te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie koninklike opdrag, dat al die koning se raadgewers doodgemaak moes word, het ook vir Daniël en sy vriende ingesluit. Hulle is gesoek.