Daniel 2:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy het geantwoord en vir Ariog, die owerste van die koning, gesê: Waarom is die bevel van die koning so haastig? Toe het Ariog die saak aan Daniël bekend gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het vir Arjok uitgevra: “Waarom is die opdrag van die koning so onverbiddelik?” Arjok het vir Daniël verduidelik waaroor dit gaan.
Afrikaans 1933/1953
Hy antwoord en sê vir Ariog, die bevelhebber van die koning: Waarom is die bevel van die kant van die koning so streng? Toe het Ariog aan Daniël die saak meegedeel.
Afrikaans 1983
Hy het vir Arjok, die offisier van die koning, gevra waarom die proklamasie van die koning so genadeloos is, en Arjok het dit vir hom verduidelik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
In sy reaksie het hy vir Ariog, die gevolmagtigde van die koning, gevra: “Waarom is die bevel van die kant van die koning dan so streng?” Daarop het Ariog die saak aan Daniël verduidelik,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het vir Arjok gevra: “Hoekom is die koning so kwaad? Hoekom het hy besluit om ons dood te maak?” Arjok het vir Daniël vertel wat gebeur het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
vir Arjok gevra waarom die koning so ’n wrede opdrag gegee het. Arjok het toe vir hom vertel wat presies gebeur het.