Daniel 2:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het Daniël ingegaan en van die koning gevra dat hy hom tyd sou gee en dat hy die uitlegging aan die koning sou wys.
Afrikaans (NLV) 2011
Daniël het toe dadelik na die koning gegaan en uitstel gevra om die koning se droom te verklaar.
Afrikaans 1933/1953
Daarop het Daniël ingegaan en die koning versoek dat hy hom tyd moes gee om die uitlegging aan die koning te kenne te gee.
Afrikaans 1983
Daniël het na die koning toe gegaan en uitstel gevra om die uitleg aan die koning te kan gee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
waarna Daniël ingegaan en vir die koning gevra het dat tyd aan hom gegun moes word om die uitleg van die droom aan die koning bekend te maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daniël het na die koning toe gegaan en gevra die koning moet 'n bietjie wag, dan sal hy vir die koning sê wat die droom beteken.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daniël het toe dadelik na die koning toe gegaan en vir hom gevra om nie die opdrag te laat uitvoer nie, sodat hy die koning se droom vir hom kon uitlê.