Daniel 2:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dat hulle barmhartigheid van die God van die hemel sou begeer oor hierdie geheim; dat Daniël en sy maats nie saam met die res van die wyse manne van Babel sou omkom nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het hulle gevra om saam met hom by die God van die hemel te pleit vir hulp om die geheim van die droom te ontrafel sodat Daniël en sy vriende nie saam met die res van die raadgewers in Babel doodgemaak word nie.
Afrikaans 1933/1953
en dat hulle barmhartigheid van die God van die hemel moes afsmeek oor hierdie geheim, sodat hulle Daniël en sy metgeselle saam met die orige wyse manne van Babel nie sou ombring nie.
Afrikaans 1983
en hulle gevra om die God van die hemel om genade te smeek oor die geheim van die droom sodat Daniël en sy vriende nie saam met die ander koninklike raadgewers doodgemaak sou word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
sodat hulle om ontferming kon pleit by die God van die hemel oor hierdie geheim, en Daniël en sy metgeselle nie om die lewe gebring sou word saam met die res van die wyses van Babilonië nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het gebid die God van die hemel moet vir hulle goed wees en vir hom sê wat die koning gedroom het. Dan sal die koning se manne nie vir Daniël en sy vriende doodmaak saam met die ander wyse mense van Babel nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het hulle gevra om tot die God van die hemel te bid om vir hulle goed te wees en om vir hulle te sê wat die geheim van die droom was sodat hulle nie saam met al die ander raadgewers van Babel doodgemaak sou word nie.