Daniel 2:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe is die geheim in 'n naggesig aan Daniël geopenbaar. Dan het Daniël die God van die hemel geseën.
Afrikaans (NLV) 2011
Die oplossing van die geheim is in ’n gesig in die nag vir Daniël gegee. Daniël het toe die God van die hemel geloof en gesê:
Afrikaans 1933/1953
Daarop is in 'n naggesig die geheim aan Daniël geopenbaar. Toe het Daniël die God van die hemel geloof.
Afrikaans 1983
Toe is die geheim aan Daniël geopenbaar in 'n nagtelike visioen, en Daniël het die God van die hemel geprys.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Aan Daniël is die geheim toe in 'n nagtelike visioen geopenbaar, waarop Daniël die God van die hemel geprys het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die God van die hemel het daardie nag vir Daniël gewys wat die koning gedroom het. Daniël het God geprys.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daardie selfde nag nog is die geheim in ’n visioen aan Daniël bekendgemaak. Hieroor het Daniël die God van die hemel geprys: