Daniel 2:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Hy verander die tye en geleenthede: Hy sit konings af en stel konings aan; Hy gee wysheid aan die wyse mense en kennis aan die wat verstand ken.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy bepaal die gang van wêreldgebeure. Hy sit konings af en stel konings aan; Hy gee wysheid vir dié wat wys is en kennis vir dié wat insig het;
Afrikaans 1933/1953
Hy tog verander die tye en die geleenthede; Hy sit konings af en stel konings aan; Hy verleen wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het;
Afrikaans 1983
Hy wat tye en omstandighede verander, wat konings afsit en konings aanstel, wat aan die wyse manne die wysheid gee en die verstand aan dié wat insig het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy verander tye en tydperke; Hy sit konings af en stel konings aan. Hy gee wysheid aan wyses en kennis aan wie insig het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy laat jare en maande verbygaan en Hy sê wat moet gebeur. Hy vat konings weg, Hy kies nuwe konings en stel hulle aan. God gee wysheid en kennis vir wyse en verstandige mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy bepaal die koers van alles en almal in die wêreld; Hy haal konings uit hulle magsposisies uit en stel ander in hulle plek aan. Hy gee kennis en insig.