Daniel 2:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy openbaar die diep en verborge dinge: Hy weet wat in die duisternis is, en die lig woon by Hom.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy openbaar geheime wat diep en weggesteek is; Hy weet wat in die donker gebeur alhoewel daar by Hom lig is.
Afrikaans 1933/1953
Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge; Hy weet wat in die duister is, en die lig woon by Hom.
Afrikaans 1983
wat ondeurgrondelike en verborge dinge openbaar en wat weet wat in die duisternis is; by Hom is die lig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy openbaar dit wat diep en verborge is; Hy weet wat in die duisternis is. Die lig is by Hom tuis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy help mense om moeilike dinge te verstaan. Hy weet wat in die donker is, want by Hom is lig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy maak geheime dinge bekend; Hy weet wat in die donker gebeur, maar Hyself word deur die lig omring.