Daniel 2:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek dank U en prys U, o God van my vaders, wat aan my wysheid en sterkte gegee het en my nou bekend gemaak het wat ons van U begeer het, want U het nou die saak van die koning aan ons bekend gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek loof en prys U, God van my voorouers. U het my wysheid en krag gegee; U het my ingelig oor wat ons van U gevra het; U het aan my openbaar wat die koning gevra het.”
Afrikaans 1933/1953
U, God van my vaders, loof en prys ek, want U het my wysheid en krag verleen, en nou het U my bekend gemaak wat ons van U afgesmeek het, want die saak van die koning het U ons bekend gemaak.
Afrikaans 1983
Ek loof en prys U, God van my voorvaders, omdat U aan my wysheid en mag gegee het. U het aan my bekend gemaak wat ons van U gevra het, U het aan ons bekend gemaak wat om aan die koning te sê.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U, die God van my voorouers, loof en besing ek; want U het my wysheid en krag gegee, en nou aan my bekend gemaak wat ons van U afgesmeek het – die saak van die koning het U aan ons bekend gemaak.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek prys U, God van my voorvaders, want U het vir my wysheid gegee en U het my sterk gemaak. U het vir my gesê wat ek vir U gevra het. U het vir ons gesê wat die koning gedroom het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek loof en prys U, God van my voorouers, U het vir my kennis en mag gegee en na my gebed geluister. U het vir ons gewys wat om vir die koning te sê.”