Daniel 2:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom het Daniël by Ariog ingegaan, wat die koning aangestel het om die wyse manne van Babel te vernietig; hy het gegaan en so vir hom gesê: Verdelg die wyse manne van Babel nie; bring my voor die koning in, en ek sal aan die koning die uitlegging te kenne gee.
Afrikaans (NLV) 2011
Daniël is toe na Arjok toe wat die opdrag van die koning gehad het om die raadgewers in Babel dood te maak. Hy het vir hom gesê: “Moenie die raadgewers van Babel doodmaak nie. Bring my voor die koning dat ek sy droom vir hom kan uitlê.”
Afrikaans 1933/1953
Daarom het Daniël ingegaan na Ariog, wat die koning aangestel het om die wyse manne van Babel om te bring; hy het gegaan en vir hom so gesê: Moenie die wyse manne van Babel ombring nie; bring my in voor die koning, dan sal ek aan die koning die uitlegging te kenne gee.
Afrikaans 1983
Toe is Daniël na Arjok toe vir wie die koning beveel het om die koninklike raadgewers dood te maak, en hy het vir hom gesê: “Moenie die koninklike raadgewers doodmaak nie. Vat my na die koning toe, en ek sal sy droom vir hom uitlê.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarop het Daniël ingegaan na Ariog, vir wie die koning aangestel het om die wyses van Babilonië om die lewe te bring. Hy het so vir hom gesê: “Moenie die wyse manne van Babilonië om die lewe bring nie; bring my voor die koning, dan sal ek vir die koning die uitleg gee.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarna het Daniël na Arjok toe gegaan. Arjok moes die wyse mense van Babel doodmaak. Daniël het vir Arjok gesê: “Jy moenie die wyse mense van Babel doodmaak nie. Vat my na die koning toe, dan sal ek vir hom sê wat sy droom beteken.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daniël is toe daar weg na Arjok toe wat die opdrag gehad het om al die koninklike raadgewers dood te maak. Hy sê toe vir hom: “Moenie die raadgewers doodmaak nie. Vat my na die koning toe. Ek sal sy droom se betekenis vir hom verduidelik.”