Daniel 2:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het Ariog Daniël haastig voor die koning ingebring en so vir hom gesê: Ek het 'n man uit die gevangenes van Juda gevind wat die uitlegging aan die koning sal bekend maak.
Afrikaans (NLV) 2011
Arjok het Daniël toe haastig na die koning toe gevat en vir hom gesê: “Ek het ’n man onder die Judese ballinge gekry wat die koning se droom kan uitlê.”
Afrikaans 1933/1953
Toe het Ariog Daniël haastig voor die koning ingebring en so vir hom gesê: Ek het 'n man onder die ballinge van Juda gevind wat die koning die uitlegging bekend sal maak.
Afrikaans 1983
Arjok het toe dadelik vir Daniël na die koning toe gevat en gesê: “Ek het iemand onder die Judese ballinge gekry wat die droom vir die koning kan uitlê.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ariog het toe in groot haas vir Daniël voor die koning gebring en so vir hom gesê: “Ek het 'n man gevind onder die ballinge van Juda wat die uitleg aan die koning bekend kan maak.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Arjok het gou vir Daniël na die koning toe gebring en vir die koning gesê: “Ek het 'n man gekry wat vir jou kan sê wat die droom beteken. Dit is een van die gevangenes wat uit Juda gekom het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Arjok het dadelik vir Daniël na koning Nebukadnesar toe gevat en vir hom gesê: “Ek het tussen die Judese gevangenes iemand gekry wat U Majesteit se droom kan verduidelik.”