Daniel 2:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die koning het geantwoord en vir Daniël, wie se naam Béltsasar was, gesê: Kan jy die droom wat ek gesien het, en die uitlegging daarvan aan my bekend maak?
Afrikaans (NLV) 2011
Die koning vra vir Daniël, wat ook as Beltsasar bekend was: “Is dit waar? Kan jy regtig vir my sê wat ek gedroom het en wat dit beteken?”
Afrikaans 1933/1953
Die koning het geantwoord en aan Daniël, wie se naam B,ltsasar was, gesê: Is jy in staat om aan my die droom wat ek gesien het, en sy uitlegging bekend te maak?
Afrikaans 1983
Die koning het toe vir Daniël, wat Beltsasar genoem is, gevra: “Kan jy vir my sê wat die droom is wat ek gehad het en wat sy uitleg is?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die koning het daarop geantwoord deur vir Daniël, wie se naam Beltsasar was, te sê: “Is jy in staat om die droom wat ek gehad het en sy uitleg aan my bekend te maak?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning het vir Daniël gevra: “Kan jy vir my sê wat ek gedroom het en wat die droom beteken?” Daniël se ander naam was Beltsassar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die koning het vir Daniël, wat ook Beltsasar genoem is, gevra: “Is dit waar? Kan jy regtig vir my sê wat ek gedroom het en wat dit beteken?”