Daniel 2:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daniël het in die teenwoordigheid van die koning geantwoord en gesê: Die geheim wat die koning gevra het, kan die wyse manne, die besweerders, die towenaars, die waarsêers nie aan die koning bekend maak nie;
Afrikaans (NLV) 2011
Daniël sê toe vir die koning: “Daar is geen raadgewer, besweerder, towenaar of sterrekyker wat die geheim vir die koning kan verklaar nie.
Afrikaans 1933/1953
Daniël het in teenwoordigheid van die koning geantwoord en gesê: Die geheim waarna die koning vra, kan die wyse manne, die besweerders, die geleerdes, die waarsêers nie aan die koning te kenne gee nie.
Afrikaans 1983
Daniël het die koning geantwoord: “Die raadgewers, die voorspellers, die towenaars en die sterrekykers is nie in staat om die droom waaroor u navraag doen, vir u te vertel nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daniël het in die teenwoordigheid van die koning geantwoord en gesê: “Die geheim waaroor die koning navraag doen, kan die wyses, towenaars, waarsêerpriesters en voorspellers nie vir die koning uitlê nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daniël het vir die koning gesê: “Koning, die wyse mense, al die slim mense, kan nie vir jou sê wat jy wil weet nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daniël het geantwoord: “Daar is geen raadgewer, waarsêer of sterrevoorspeller wat in staat is om te doen wat u verwag nie.