Daniel 2:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat u betref, o koning, u gedagtes het op u bed in u gedagtes opgekom wat hierna sou gebeur; en hy wat geheime openbaar, maak u bekend wat sal gebeur.
Afrikaans (NLV) 2011
U het daar op u bed gelê en dink oor die toekoms. God wat geheime bekendmaak, het u ingelig oor wat gaan gebeur.
Afrikaans 1933/1953
Wat u betref, o koning, u gedagtes op u bed het opgestyg oor wat hierna sal gebeur, en die Openbaarder van die geheime het u bekend gemaak wat sal gebeur.
Afrikaans 1983
Toe u gaan slaap het, het u gedink oor wat in die toekoms sal gebeur, en Hy wat geheime kan openbaar, het aan u bekend gemaak wat gaan gebeur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U, o koning – u gedagtes wat in u bed by u opgekom het, gaan oor wat hierna sal gebeur. Hy wat geheime openbaar, het aan u bekend gemaak wat sal gebeur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Jy, Koning, het op jou bed gelê en gedink wat later sal gebeur, en die God wat kan sê wat mense nie weet nie, het vir jou gewys wat sal gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Terwyl U Majesteit geslaap het, het u oor die toekoms gedroom. God wat sulke geheime bekend kan maak, het vir u gewys wat in die toekoms gaan gebeur.