Daniel 2:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U, o koning, het gesien, en kyk, daar is 'n groot beeld. Hierdie groot beeld, waarvan die glans uitstekend was, het voor jou gestaan; en die vorm daarvan was verskriklik.
Afrikaans (NLV) 2011
“O Koning, wat u daar gesien het, was ’n groot beeld wat voor u staan. Dit was baie groot en blink en vreesaanjaend.
Afrikaans 1933/1953
U, o koning, het 'n gesig gehad -- kyk, daar was 'n groot beeld; hierdie beeld was hoog, en sy glans was buitengewoon; dit het voor u gestaan en sy voorkoms was vreeslik.
Afrikaans 1983
“U het 'n visioen gehad. Daar was 'n groot beeld. Dit was hoog en het baie geblink. Dit het voor u gestaan, iets skrikwekkends.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U, o koning, het 'n visioen gehad: Kyk, daar was 'n groot beeld. Hierdie beeld was groot, en sy glans buitengewoon. Dit het voor u gestaan; die voorkoms daarvan was vreesaanjaend.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Koning, jy het iets gesien. Dit was 'n groot beeld wat voor jou gestaan het. Die beeld was groot en dit het geblink. Jy het geskrik toe jy die beeld sien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“U Majesteit het in u droom ’n groot beeld gesien wat voor u staan. Dit was hoog en blink; iets skrikwekkends.