Daniel 2:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hierdie beeld se kop was van fyn goud, sy bors en sy arms van silwer, sy buik en sy heupe van koper,
Afrikaans (NLV) 2011
Die kop van die beeld was van fyn goud gemaak, sy lyf en arms van silwer, sy onderlyf en heupe van brons,
Afrikaans 1933/1953
Wat die beeld betref, sy hoof was van goeie goud, sy bors en sy arms van silwer, sy buik en sy lendene van koper,
Afrikaans 1983
Die beeld se kop was van suiwer goud, sy bors en sy arms van silwer, sy maag en sy heupe van brons.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierdie beeld – sy kop was van die beste goud, sy bors en arms was van silwer, sy maag en heupe van koper,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die beeld se kop was van skoon goud, sy bors en sy arms was van silwer, sy maag en sy heupe was van brons,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die beeld se kop was van soliede goud; sy bors en arms van silwer en sy maag en heupe van brons;