Daniel 2:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U het gesien totdat 'n klip sonder hande uitgekap is, wat die beeld aan sy voete geslaan het wat van yster en klei was, en dit stukkend geslaan het.
Afrikaans (NLV) 2011
Terwyl u daarna staan en kyk, het ’n klip sonder dat ’n mens daaraan geraak het, losgebreek en die beeld teen sy voete van yster en klei getref en dit verpletter.
Afrikaans 1933/1953
U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande 'n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het.
Afrikaans 1983
Toe u nog so kyk, breek daar 'n klip los sonder dat 'n hand daaraan geraak het en dit tref die beeld teen die voete van yster en klei en verpletter dit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U het nog gekyk, toe daar 'n klip vanself losbreek, nie deur die toedoen van mensehande nie. Dit het die beeld teen sy voete van yster en klei getref en verpletter.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy het gekyk, en toe kom daar 'n klip en dit val op die beeld se voete, op die yster en klei. Die klip het die beeld se voete stukkend geval. Dit was nie 'n mens wat die klip gegooi het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Terwyl u nog so na die beeld kyk, het ’n rots op ’n bonatuurlike manier van die berg af losgebreek en teen die voete van yster en klei vasgerol en hulle totaal verwoes.