Daniel 2:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U, o koning, is 'n koning van die konings, want die God van die hemel het aan u 'n koninkryk gegee, krag en sterkte en heerlikheid.
Afrikaans (NLV) 2011
U Majesteit, u is die koning van die konings. Die God van die hemel het vir u ’n koninkryk van mag en sterkte en aansien gegee.
Afrikaans 1933/1953
U, o koning, koning van die konings, aan wie die God van die hemel die koningskap, die krag en die sterkte en die eer verleen het,
Afrikaans 1983
“U is die groot koning; die God van die hemel het aan u die heerskappy, die krag en die mag en die eer gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U, o koning, is die koning van die konings aan wie die God van die hemel die koningskap, die mag, die krag en eer gegee het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Koning, jy is die kop van goud. Jy is 'n koning van ander konings. Die God van die hemel het vir jou koning gemaak en jy het baie sterk en belangrik geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U Majesteit, u is die grootste van al die konings. Die God van die hemel het u die sterkste op aarde gemaak. Hy het vir u mag, gesag en eer gegee.