Daniel 2:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En oral waar die mensekinders woon, die diere van die veld en die voëls van die hemel het Hy in jou hand gegee en jou as heerser oor almal aangestel. Jy is hierdie kop van goud.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy laat u regeer oor die hele mensdom, die diere in die veld en die voëls in die lug. Hy laat u oor dit alles regeer. U is daardie kop van goud.
Afrikaans 1933/1953
en in wie se hand Hy in die hele bewoonde wêreld die mensekinders, die diere van die veld en die voëls van die hemel gegee het, sodat Hy u as heerser oor hulle almal aangestel het -- u is die hoof van goud.
Afrikaans 1983
Hy het die hele bewoonde wêreld, die mense, die wilde diere en die voëls in u mag gegee en u die heerser oor hulle almal gemaak. U is die kop van goud.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ja, waar ook al mense, die diere van die veld en die voëls van die hemel woon, het Hy hulle in u hand gegee. Hy het u as heerser oor hulle almal aangestel. U is die kop van goud.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het gesê jy kan regeer oor die mense, die diere en die voëls op die hele aarde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het u die heerser oor die hele aarde gemaak. U beheer selfs die diere en die voëls. U is die kop van goud.