Daniel 2:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ná jou sal 'n ander koninkryk opstaan, minderwaardig aan jou, en 'n ander derde koninkryk van koper, wat oor die hele aarde sal heers.
Afrikaans (NLV) 2011
“Ná u kom daar ’n koninkryk op aarde wat nie so groot soos u koninkryk is nie. Daarna kom ’n derde koninkryk van brons om oor die wêreld te regeer.
Afrikaans 1933/1953
En nu sal daar 'n ander koninkryk opstaan, geringer as die van u; daarna 'n ander, 'n derde koninkryk, van koper, wat oor die hele aarde sal heers;
Afrikaans 1983
Ná u sal 'n ander koninkryk na vore kom wat nie so belangrik as dié van u sal wees nie, en daarna 'n derde, die een van brons wat oor die hele wêreld heerskappy sal voer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ná u sal 'n ander koninkryk tot stand kom, geringer as u s'n, dan 'n ander, derde koninkryk van koper, wat oor die hele aarde sal heers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ná jou sal daar ander konings kom wat nie so belangrik soos jy sal wees nie. Hulle is soos die silwer. Dan sal daar nog ander konings kom wat oor die hele aarde sal regeer. Hulle is soos die brons.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ná u koninkryk sal daar ’n ander koninkryk kom wat u plek sal inneem. Maar dit sal nie so sterk soos u s’n wees nie. Na die val van hierdie koninkryk sal daar ’n derde koninkryk kom. Dit is die bronsgedeelte van die beeld in u droom. Hierdie koninkryk sal groot en sterk word en oor die hele wêreld regeer.