Daniel 2:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het die Chaldeërs in Sirië met die koning gespreek, o koning, leef vir ewig; vertel u dienaars die droom, en ons sal die uitlegging te kenne gee.
Afrikaans (NLV) 2011
Die sterrekykers het toe die koning in Aramees geantwoord: “Mag die koning lank leef! Sê vir ons wat u gedroom het en ons sal dit uitlê.”
Afrikaans 1933/1953
Toe het die Chaldeërs met die koning gespreek Aramees: Mag die koning vir altyd lewe! Vertel u dienaars die droom, en ons sal die uitlegging te kenne gee.
Afrikaans 1983
Die sterrekykers het die koning in Aramees geantwoord: “Mag die koning baie lank lewe! Vertel ons die droom, dan sal ons dit vir u uitlê.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Galdeërs sê toe vir die koning (Aramees): “O koning, leef vir ewig! Vertel die droom vir u dienaars, dan sal ons die uitleg gee.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die slim mense het toe in die Aramese taal gepraat en vir die koning gesê: “Ons hoop die koning sal lank lewe. Sê vir ons wat jy gedroom het, dan sal ons vir jou sê wat dit beteken.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die sterrevoorspellers het in Aramees vir die koning gesê: “Lank lewe die koning! As u net vir ons sê wat u gedroom het, sal ons vir u presies kan sê wat dit beteken.”