Daniel 2:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En terwyl jy die voete en die tone gesien het, 'n gedeelte van pottebakkersklei en 'n gedeelte van yster, sal die koninkryk verdeel word; maar daar sal daarin wees van die sterkte van die yster, omdat jy die yster gemeng met modderige klei gesien het.
Afrikaans (NLV) 2011
Die voete wat van yster en klei gemaak is, wys op ’n koninkryk wat verdeeld is. Soos u yster daarin gesien het, sal dit iets van die sterkte van yster hê.
Afrikaans 1933/1953
En dat die voete en die tone, soos u gesien het, deels van pottebakkersklei en deels van yster was -- dit sal 'n verdeelde koninkryk wees, en van die hardheid van die yster sal daarin wees, omdat u die yster met kleigrond gemeng gesien het.
Afrikaans 1983
Die voete en tone, deels klei en deels yster, wat u gesien het, wys op 'n koninkryk wat verdeeld sal wees. Dit sal iets van die sterkte van yster hê, want soos u gesien het, is daar yster tussen die klei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dat u gesien het dat die voete en tone deels van pottebakkersklei en deels van yster is, dui op 'n verdeelde koninkryk. Van die bestendigheid van die yster sal daarin wees, want u het die yster gemeng met die klam klei gesien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy het voete en tone gesien van klei en yster. Dit beteken daardie konings sal regeer oor mense wat nie met mekaar saamwerk nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar u het gesien dat die voete en tone van die beeld in u droom gedeeltelik van klei en gedeeltelik van yster was. Dit beteken dat hierdie koninkryk ook in homself verdeeld sal wees.