Daniel 2:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En soos die tone van die voete deels van yster en deels van klei was, so sal die koninkryk deels sterk en deels gebreek wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Soos die tone en voete deels van yster en deels van klei is, sal hierdie koninkryk deels sterk en deels swak wees.
Afrikaans 1933/1953
En dat die tone van die voete deels van yster en deels van klei is -- 'n gedeelte van die koninkryk sal hard en 'n gedeelte sal bros wees.
Afrikaans 1983
Die tone en voete, deels van yster en deels van klei, wys dat die koninkryk deels sterk, deels swak sal wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En die tone van die voete wat deels van yster en deels van klei is – 'n deel van die koninkryk sal sterk wees, en 'n deel daarvan sal breekbaar wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
hulle sal partymaal sterk wees en partymaal swak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sommige dele sal so sterk soos yster wees en ander weer so swak soos klei, soos dit maar in so ’n mengsel gebeur.