Daniel 2:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En terwyl jy yster gemeng met klei klei gesien het, sal hulle hulleself vermeng met die saad van mense; maar hulle sal nie aan mekaar kleef nie, net soos yster nie met klei gemeng is nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Soos dit ’n mengsel is van yster en klei, sal dit deur ondertrouery alliansies met ander sluit. Maar dit sal nie hou nie, soos yster en klei nie kan meng nie.
Afrikaans 1933/1953
Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het -- hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie.
Afrikaans 1983
Dat u gesien het dat die yster met klei gemeng is: daar sal ondertrouery tussen die mense wees, maar hulle sal nie 'n eenheid word nie, net soos yster nie met klei meng nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dat u die yster gemeng met die klam klei gesien het, dui daarop dat die mense deur ondertrouery vermeng sal raak. Hulle sal egter nie vanself aan mekaar vaskleef nie, net soos yster nie met klei meng nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy het gesien die yster en klei is bymekaar. Dit beteken die mense van een volk sal met mense van 'n ander volk trou, maar hulle sal nie een volk word nie, want 'n mens kan nie yster en klei meng nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U het ook gesien dat die yster en die klei gemeng was. Dit beteken dat die regeerders van hierdie koninkryk hulle koninkryk sal probeer verenig deur met mekaar te ondertrou. Dit sal nie werk nie, net so min as wat yster en klei kan meng.