Daniel 2:45 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Omdat jy gesien het dat die klip sonder hande uit die berg uitgekap is en die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud stukkend gebreek het; die grote God het aan die koning bekend gemaak wat hierna sal gebeur, en die droom is gewis en die uitlegging daarvan seker.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit is wat die rots beteken wat u gesien het wat, sonder dat ’n mens dit doen, uit die berg losgebreek het en die koninkryke van yster, brons, klei, silwer en goud vernietig het. Die groot God het vir die koning gewys wat hierna sal gebeur. Die droom staan vas en sy uitleg gaan net so gebeur.”
Afrikaans 1933/1953
net soos u gesien het dat sonder toedoen van mensehande 'n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het. Die grote God het aan die koning bekend gemaak wat hierna sal gebeur; en die droom is waar en sy uitlegging betroubaar.
Afrikaans 1983
En dat u 'n klip uit 'n rots sien losbreek het sonder dat 'n hand daaraan geraak het en dit die yster, die brons, die klei, die silwer en die goud verpletter het: God wat magtig is, het aan u bekend gemaak wat in die toekoms gaan gebeur. Die droom is waar en oor die uitleg is daar geen twyfel nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U het daarom gesien dat 'n klip uit die berg vanself losbreek, nie deur die toedoen van mensehande nie, en dat dit die yster, koper, klei, silwer en goud verpletter. 'n Groot God het aan die koning bekend gemaak wat hierna gaan gebeur. Die droom is waar en die uitleg daarvan is betroubaar.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy het ook gesien daar breek 'n stuk klip af van 'n groot klip en dit breek die yster en maak dit fyn. Jy het gesien die klip breek ook die brons, die klei, die silwer en die goud, en dit was nie 'n mens wat die klip afgebreek het nie. Koning, die Groot God wys nou vir jou wat later sal gebeur. Dit is wat jy gedroom het, en dit is wat die droom beteken, en dit is waar.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit is die betekenis van die rots wat op ’n bonatuurlike wyse van die berg losgekom en die beeld van yster, brons, klei, silwer en goud totaal verwoes het. Die magtige God het vir u kom wys wat in die toekoms gaan gebeur. Die droom is waar en my verduideliking hiervan is ook die waarheid.”