Daniel 2:46 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het koning Nebukadnésar op sy aangesig geval en Daniël aanbid en bevel gegee dat hulle 'n spysoffer en lieflike geure aan hom moes bring.
Afrikaans (NLV) 2011
Koning Nebukadnesar het toe diep voor Daniël gebuig en aan hom eer bewys. Hy het opdrag gegee om offers vir Daniël te bring en wierook vir hom te brand.
Afrikaans 1933/1953
Toe het koning Nebukadn,sar op sy aangesig geval en Daniël aanbid en bevel gegee om aan hom 'n spysoffer en reukoffers te bring.
Afrikaans 1983
Toe het koning Nebukadnesar diep voor Daniël gebuig, aan hom eer betoon en opdrag gegee dat daar 'n graanoffer en 'n wierookoffer aan hom geoffer moet word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarop het koning Nebukadnesar neergeval met sy gesig teen die grond en aan Daniël eer betoon. Hy het opdrag gegee dat 'n •graanoffer en offers met 'n aangename geur aan hom gebring moet word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe het koning Nebukadnesar voor Daniël gebuig soos 'n mens voor 'n god buig. Die koning het gesê hulle moet vir Daniël 'n koring-offer en wierook-offers bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierna het koning Nebukadnesar diep voor Daniël gebuig en hom met groot respek behandel. Die koning het ook beveel dat daar ’n graan- en ’n wierookoffer vir hom gebring moes word.