Daniel 2:47 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die koning het Daniël geantwoord en gesê: Dit is waar dat jou God 'n God van gode is en 'n HERE van konings en 'n openbaarder van geheime, aangesien jy hierdie geheim kon openbaar.
Afrikaans (NLV) 2011
Die koning het vir Daniël gesê: “Sowaar, jou God is die God van alle gode en die Heer van alle konings. Hy openbaar geheime, want jy kon die geheim vir my verklaar.”
Afrikaans 1933/1953
Die koning het Daniël geantwoord en gesê: Waarlik, julle God is die God van die gode en die Here van die konings en die Openbaarder van geheimenisse, daarom was jy in staat om hierdie geheim te openbaar.
Afrikaans 1983
Die koning het vir Daniël gesê: “Werklik, julle God is die grootste van al die gode, Hy heers oor die konings en Hy openbaar geheime, want jy kon hierdie geheim bekend maak.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die koning het in sy reaksie vir Daniël gesê: “Sowaar, julle God, Hy is die God van die gode en die Heer van die konings en die een wat geheime openbaar, want jy kon hierdie geheim openbaar.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning het vir Daniël gesê: “Regtig, jou God is sterker as al die gode en al die konings. Hy het vir jou dinge gesê wat niemand anders weet nie, en daarom kon jy vir my sê wat ek gedroom het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe sê die koning vir Daniël: “Jou God is die grootste van al die gode, Hy regeer oor al die konings en Hy maak geheime bekend. Ek sê dit omdat Hy hierdie geheim aan jou bekendgemaak het.”