Daniel 2:48 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het die koning Daniël 'n groot man gemaak en hom baie groot geskenke gegee en hom aangestel as heerser oor die hele provinsie Babel en owerste van die goewerneurs oor al die wyse manne van Babel.
Afrikaans (NLV) 2011
Die koning het toe vir Daniël bevorder en vir hom baie geskenke gegee. Hy het Daniël as regeerder oor die provinsie van Babel aangestel en as leier van al sy raadgewers in Babel.
Afrikaans 1933/1953
Toe het die koning Daniël verhef en hom baie, groot geskenke gegee en hom aangestel as heerser oor die hele provinsie Babel en as hoofowerste oor al die wyse manne van Babel.
Afrikaans 1983
Die koning het hoë eer aan Daniël betoon, vir hom baie en groot geskenke gegee en hom aangestel as goewerneur van die hele provinsie Babel en as hoof van al die koninklike raadgewers.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die koning het Daniël toe in 'n hoë pos aangestel en aan hom baie groot geskenke gegee. Hy het hom as heerser aangestel oor die hele provinsie Babel, en as landvoog bo al die wyses van Babilonië.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning het toe vir Daniël 'n baie belangrike man gemaak en hy het vir Daniël baie presente gegee. Hy het gesê Daniël moet oor die hele land Babel regeer en hy moet die hoof wees van al die wyse mense in Babel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die koning het Daniël vereer en hom met duur en mooi geskenke oorlaai. Hy het hom aangestel as regeerder oor die hele provinsie Babel en hom ook hoof gemaak van al die koning se raadgewers.