Daniel 2:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die koning het geantwoord en vir die Chaldeërs gesê: Die saak is van my af weg; as julle die droom met die uitlegging daarvan nie aan my bekend maak nie, sal julle in stukke gesny word, en julle huise sal 'n mishoop gemaak word.
Afrikaans (NLV) 2011
Die koning het vir hulle gesê: “Ek het vas besluit dat as julle nie sowel die droom as sy verklaring vir my gee nie, julle liggame in stukke gekap sal word en van julle huise ashope gemaak sal word.
Afrikaans 1933/1953
Die koning het geantwoord en aan die Chaldeërs gesê: Die saak staan by my vas: as julle die droom en sy uitlegging nie aan my bekend maak nie, sal julle in stukke gekap en van julle huise mishope gemaak word.
Afrikaans 1983
Die koning sê toe vir die sterrekykers: “Ek het klaar besluit: as julle my nie die droom en sy uitleg kan gee nie, sal julle aan stukke gekap word en sal van julle huise puinhope gemaak word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die koning antwoord en sê toe vir die Galdeërs: “Die saak staan vas by my. As julle nie aan my die droom en sy uitleg bekend kan maak nie, sal julle ledemate afgekap word, en van julle huise sal vullishope gemaak word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar die koning het vir die slim mense gesê: “Nee, ek het besluit júlle moet vir my sê wat ek gedroom het en wat dit beteken. As julle dit nie doen nie, dan sal my manne julle doodmaak en in stukke kap en julle huise afbreek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar die koning antwoord hulle: “Kyk, ek het besluit julle moet vir my sê wat ek gedroom het en wat dit beteken. As julle dit nie kan doen nie, sal ek julle stadig laat doodmaak en julle huise sal verwoes word sodat die mense wat daar verbyloop, sal dink dis ’n ashoop.